Opel Meriva Turbo Enjoy

A review of the Opel Meriva 1.4 Turbo Enjoy

Review of the Opel Meriva Turbo Enjoy by the guys at Ultimatedrive.co.za“Op die oog af lyk die Meriva net soos ‘n tipiese multidoelvoertuig (MDV). Dit is net totdat jy die deure wil oopmaak. Dan besef jy dat hier iets anders aan die gang is. Die voor deure maak heel normaal oop, maar die agterste deure maak “verkeerd om” oop. Die skarniere sit aan die agterkant van die deur. Wat dit nog verder “snaaks” maak is dat die deure so byna reghoekig oopmaak. Die maak dat daar so amper ‘n grot opening is wanneer beide deur oop is. Die afwerking is goed. Die binneruimte is gerieflik en daar is genoeg spasie vir die groter bestuurder om gemaklik te sit. Die instrumente is funksioneel geleë. Die “infotainment” sisteem in die middel vertoon goed. Beheer kontroles op die stuurwiel maak dat mens nie jou aandag van die pad hoef te verwyder vir verstelling nie. Op hierdie stadium is daar net een model op die mark en dit is die 1.4 turbo Enjoy. Iets wat vir my baie handig is, is die “verstelbaarheid/verwyderbaarheid” van die arm-konsole tussen die voor-sitplekke asook die een op die agtersitplekke. Wil jy dit vorentoe of agtertoe skuif doen jy dit sonder moeite en dan klik dit in posisie. As jy nie daarvan hou nie kan jy dit heeltemal verwyder. Wat die agter-sitplekke betref is daar ‘n afslaanbare middel konsole. Wanneer mens die sitplekke wil platslaan kan jy hierdie konsole verwyder sodat jy ‘n heeltemal plat vlak agterin het vir die laai van goedere. Met alles platgeslaan is daar ‘n gerekende 1 500 liter spasie.”

Read the full review on Ultimatedrive.co.za.